You are viewing
Volkskool Potchefstroom
Listing Type : Business | Listed : Saturday, January 07, 2012
About
Volkskool Potchefstroom
|
Op 19 April 1922 word die skool met 38 leerders, net standerd sesse en twee tydelike onderwysers, mnr J.D.Grundlingh en me Nellie Chessworth, geopen. Mnr Van der Lingen, die inspekteur, het voorlopig as Hoof waargeneem. Die naam van die skool was die “Afrikaanse Medium Hoërskool” - later kortweg “Die Medium” genoem. Die skool is gehuisves in die ou kerkie wat op die hoek van Potgieter- en Van Riebeeckstraat gestaan het.
|
More Information on
Volkskool Potchefstroom
|
Op 11 Oktober 1922 aanvaar die eerste Hoof, wyle mnr J.C. (Jack) Pauw, diens en ‘n paar maande later word mnr A.J.P. Burger (oom Koos) aangestel as eerste permanente onderwyser by die skool. Hierdie twee manne het pionierswerk verrig en die fondament gelê waarop baie ander later voortgebou het. Aan die begin van 1923 word daar verhuis na ‘n herstelde sinkgebou op die terrein van die Landbougenootskap. Die leerdertal was tussen 130 en 140 leerders in st. 7 en 8; st. 6 was deel van die laerskool.
|
Photo Gallery
|
Sorry, no images available for this listing...
|
|
|
This information is brought to you by Web Dreams - Potchefstroom. Proud sponsor of die Bult, Potchefstroom.
|
|
Statistics (Last 3 Months)
| Total Hits |
|---|
| May 2012 | 21 |
|---|
| April 2012 | 40 |
|---|
| March 2012 | 41 |
|---|
|